Die Arme Boer

Ironies, dié reaksie uit die vreemde.

Aan die einde van my blog oor die uitbraak van Bek-en-Klou ( http://blogs.litnet.co.za/latino/foutjie ) hier by ons, haal ek aan uit ´n liedjie wat my pa altyd gesing het.

“ Die sprinkane en die droogte, rus swaar op ons gemoed

en wat gaan van die boere word, is bokant my verstand.”.

Doen navraag of daar iemand is, wat dalk die volledige teks ken of weet waarvandaan dit kom.

Geen reaksie nie.

Sommige van die blogs oor die landbou word ook in die Nederlandse tydskrif, Boerderij, gepubliseer en skielik is daar reaksie vanuit die vreemde.

 

10 okt 2011 20:18

Het gedicht is ‘Die Arme Boer’, van een onbekende. De tekst luidt, volgens het Groot Verseboek van D.J. Opperman, als volgt. Mooi gedicht trouwens, ooik voor Nederlanders prima te volgen. Die sprinkaan en die droogte Is swaar op onse land En wat van ons moet worde. Is bowe myn verstand. Ons skape het die brandsiek En ons koren het die roes, Die beeste kry die rooiwater En die perde vrek van droes. Die geld is ook te danig skaars En die koffie word so duur, Die vreemde banke is ons baas En die “intres” vreet soos vuur. Laas ry ek na neef Pieter; Hy vraag: Waar gaat dit heen?” Ek seg: “Ek kom na jou toe Om ’n bietjie geld te leen.” Hy seg: “Myn liewe kerel, Die ding is op ’n end; Die bank die het my opgedruk En myn boedel is insolvent!” Toe kom ek by oom Kootjie; Hy vraag ook waar ek ry? Ek seg: “Ek ry net hierna toe, Ek kom jou dogter vry.” Hy vraag my wat vir goed ek het En hoeveul skaap ek vee? Ek seg: “Twaalf skape en een koei.” Toen seg hy sommar: “Nee!” “Nee! kerel, nee! jou kerk is uit, Myn dogter’s nie vir jou; Net maar twaalf skape en een koei En nog praat jy van trou!” Ja — die sprinkaan en die droogte Is swaar op onse land, En wat van ons moet worde Gaat bowe my verstand. (bron:http://www.oulitnet.co.za/senet/senet.asp?id=1453)

GEPLAATST DOOR ONBEKEND, NERGENSHUIZEN

 

Baie dankie, aan Raymond en hierdie opmerksame leser in die vreemde, vir die inligting.

Hasta la proxima.

 

Możliwość komentowania jest wyłączona.