Ek plaas vandag ‘n foto van my en my waardige man Ahkenathan. (My skoene kom van Jimmy Choos, moenie vertel nie)
Kyk net hoe vorstelik staan hy met sy simboliese staf van Staatsmag.
Ons volg ook maar die modes van die tyd na, so verskoon maar die afwesigheid van Versacè en Gucci. Ons Egiptiese parfuum is in elk geval baie beter as die beste van Parys. (Dis nou Frankryk hoor.)
Ek het net gister ‘n oulike praatjie op RSG gehoor wat oor feminisme handel. Prof Amanda Gouws van Maties het nogal sterk standpunte gemaak oor gesinsgeweld en ander sake. Van die mans wat ingeskakel het, het natuurlik gal afgegaan oor feminisme en so aan.
Ek sê straf hulle as hulle hul hande vir hulle vroue optel.
Net so sê ek, meneer, as jou vrou jou aanrand, gaan lê klag.
Ek sal later skryf oor verbale mishandeling.
Ek kan met vrymoedigheid meld dat die Egipte op staatskundige gebied, destyds jare voor Rome en Persië was. Geen vrou was verhoed om die troon te bestyg nie, maar sy moes dit verdien het.
Kleopatra is die beste voorbeeld met andere soos ekself en Hathsepsut.
Lees gerus hier oor die talle ander vroulike farao’s:
www.ancientnile.co.uk/pharaohs-women.php