Oudste het haar matriek geslaag. Baie beter gedoen as wat ek gedink het so ek is baie trots op haar. Nou is ons egter slim, baie slim (asof ‘n papiertjie ‘n verskil maak!), en is daar soms so sug in die stem as daar met my gepraat word asof ek nie verstaan wat sy se of bedoel nie! Sal ek toe vir haar se: Ek is baie trots op die feit dat sy haar sertifikaat gekry het en regtig baie bly vir haar part (en ek bedoel dit ook), maar …. my Matriek Sertifikaat is al 25 jaar oud en hy kan nie verval nie!!!! …. Wel dit gaan nou beter – gelukkig!
Raak ek rooi onder die boordjie vanmiddag. Oudste se haar vriendin vra of sy haar verjaarsdag paartie Saterdagaand by ons huis kan hou (hulle bly in ‘n woonstel). Ek se toe ja – geen probleem, maar ek wil weet hoeveel kom, my kamers is offlimit (net om seker te maak hulle dink nie daaraan nie) en dat hulle gaan skoonmaak agter hulself. Reg se oudste, maar vriendin wil ook he dat oudste moet geld bydrae vir vriendin se drank/pons wat sy wil maak vir die mense. Vriendin se ma se toe – jip ‘n bottel vodka en 3 2 litters rooi koeldrank sal dit doen en kan ons ook dan sommer vriendin se vleis voorsien – hulle het dit bietjie skraps.
Nou se ek vir oudste – ek gee nie om om mense te help nie, as ek het dan gee ek, maar dit gaan self styf in die huis – regtig styf. Oudste begin swot die maand en daars fooie wat daar betaal moet word, jongste is terug in die skool – en daar is fooie wat betaal moet word, X het nog nie sy werk terug nie, die hofsaak is eers die 25ste Februarie ens. Ek dink egter dit is vermetel om sommer net te se dat die en daai moet jou vleis voorsien en jou drank voorsien terwyl jy die een is wat die paartie wil reel! As jy nie die geld het nie, moet nie die paartie reel nie! Dit is die basis waarop ek werk. Jongste het laasjaar nie ‘n paartjie gehad nie – daar was nie geld nie, en sy het dit verstaan.
Ek het dus vir oudste gese: Ek sal geld gee vir van die doppie indien oudste nie haar eie drank wil vat nie en saam met vriendin wil drink, maar ek gaan nie geld of vleis gee vir vriendin en die se suster nie. Ek is jammer – Januarie is ‘n helse lang maad, selfs ek kuier nie want ek het nie die geld nie so ek gaan nie vir ander voorsien nie!
Of wat se julle?