So, my lewe het ‘n nuwe patroon aangeneem die laaste paar weke. It took on a life of it’s own… so to speak. Ek het einde laas jaar ‘n draaiboek (Gekruisigde Hande) vir die verhoog klaar geskryf na sowat ‘n jaar en ‘n half se werk daaraan in my vryetyd. Ons is heel goed op pad planke toe met die produksie met harde oefen sessies le agter en voor ons. Dit is nou net so 2 weke voor die eerste opvoering. Laat aande…opwindende tye!
Dit voel skoon of my brein onder nuwe bestuur is. Ek kan maar net so wel ’n bordjie teen my voorkop hang wat lees “under new management” Ons oefen tot so 22:30 saans en dan sit ek en my mede-regisseur en bespreek gewoonlik verder dinge rondom die produksie. Kom ek by die huis, dan wil my brein nie afskakel nie… soos nou, dit is alreeds 01:00 op ’n Dinsdag oggend en ek moet weereens, soos altyd 06:00 ontwaak. Klink soos pret nè?… Nie as die bladsy met “laat slaap” uit jou woordeboek geskeur is nie. Om te sê ek is die moegste voel nog “underrated” soos hul in Engels sê. Is daar nie nog ‘n trap nie ? Moeg, moeër, moegste, moegsterste… of so iets?
Ek weet wel dat ek eendag gaan terug kyk en dit as die moeite werd ervaar. Ek geniet elke oomblik en het opnuut besef dat as mens ‘’n geleentheid kry mens se passie uit te leef, moet mens die geleentheid met albei hande neem en 110% gee want daar’s geen waarborg dat die kans weer jou padlangs sal kom nie. Ek wil ook nie op my sterfbed lê met die woorde “Ek wens ek het daai geleentheid gevat” nie, wil jy? So ek neem aan wat ek probeer sê is slaap is wonderlik tensy jy iets beter en meer opwindend het om te doen, want dan is slaap ’n maklike opoffering en in my ervaring het ek steeds genoeg energie om die dag deur te maak.
Indien jul sou belangstel in die produksie is inligting en kaartjies beskikbaar by Computicket:
http://www.computicket.com/web/event/gekruisigde_hande/349057849/0/26574600