Vas, styf toe

Dis nogal moeilik om te vas. 
Nee wag, dis vrek moeilik.  My
eerste (en ook die laaste) keer van vas was 2 en n half dae.  Dinsdag, Woensdag, en Donderdag.  Maar Donderdagaand het ek so n moewiese
kopseer gehad, dat my ma sommer gesê het, ‘Nee, jy moet eet my kind.’  So ek luister maar na mama.  Lekker gebraaide hoender nog geëet.  Nog gevas oor die us of a besigheid.  Op daai stadium was dit al 6 maande en ek het
nog nie n familie niks nie.  Alles het
gesloer gesloer, toe sê die vroutjie by die werk nog daai tyd of ek nie wil vas
oor my troubles nie.  Okay, Elizabeth
gaan bietjie Bybel lees oor die dinge, en dan gaan sy vir Hulp vra, en dan sal
ons maar sien hoe lank dit hou.  Daai
Dinsdag was nie te moeilik nie, want ek was gepomp met die Gees en wat wat wat,
jy weet mos hoe dit gaan.  Elizabeth is
gebid en gereed vir die vas.  Wat kan dan
nou fout gaan?  Hoorie, toe slaan daai migraines
my van my voete af daai aand.  Nee, niks
pille, net water.  Bid bid bid, lees lees
lees, en gaan slaap.  Volgende dag, migraine
is nog steeds daar, maar ons bid deur dit. 
Gaan werk toe, maag grom een hengse hou, maar nee, nie eens n koppie tee
nie.  Net water.  So lateraan kom n ander vroutjie, en vra, ‘Elizabeth,
kan ek nie dalk vir jou n Rooibosteetjie maak nie?  Sonder melk of suiker, net swart tee?’  Okay, Elizabeth stem toe in, maar ek het so
skuldig gevoel dat ek dit moes uitgooi. 
Nee reg, Donderdag kom, Elizabeth is n buffel met n doring.  Stilstuipe, maar tog. 

 

Vrydag kry ek n email van Kalbas se ma af, hulle stel
belang. 

 

Elizabeth is stomgeslaan. 
Sommer kwaad stomgeslaan.  Maar ek
gaan voort met al die relings en kyk waar sit ek dan nou. 

 

 

 

 

Nou is dit weer tyd vir vas. 
Dalk net n dag of twee.  Nie te
lank nie.  Dalk net n 7 tot 7 vas.  Maar waarnee ek sukkel is om my Bybel oop te
maak.  Hy lê hier langs my.  2 Bybels. 
Een Engels, een Afrikaans.  Maar
om dit oop te maak en te begin lees… 

 

 

Dis moeilik.   

Możliwość komentowania jest wyłączona.